FOTO: instagram shakira

FOTO: instagram shakira

Het jy gehoor?

Shakira herdenk jongste se halfjaar

Shakira se jongste seun, Sasha Piqué Mebarak, vier vroeg volgende jaar sy eerste verjaardag. Sy het egter nie die kans laat verbygaan om die kleinding se halfjaar te herdenk nie, berig Hello!

Die 38-jarige “Waka Waka”-sangeres het dié skattige video met haar meer as 10 miljoen Instagram-volgelinge gedeel. In dié video skop klein Sasha ’n sokkerbal – dis duidelik ’n geval van aardjie na sy vaartjie.

A video posted by Shakira (@shakira) on

“Gelukkige 6 maande Sasha!” het sy onderaan dié video geskryf.

Shakira en haar sokkerspeler-kêrel, Gerard Piqué, is ook die trotse ouers van Milan (2). 

A photo posted by Gerard Piqué (@3gerardpique) on

Bron: Hello!

Lees ook