FOTO Facebook

FOTO Facebook

Het jy gehoor?

Shaleen verloor 30 kg

Die Afrikaanse aktrise Shaleen Surtie Richards het 30 kg verloor. En sy is “happy” en “excited“.

Shaleen (61) het op sosiale media haar geheim verklap, maar erken sy het dié gewig nie op ’n “gesonde manier verloor nie”. Sy sê mense pla haar die heeltyd om te hoor wat haar geheim is, daarom het sy dit gedeel.

“Onthou: Ek beveel dit nie aan nie, as jy dit gaan doen, is dit op jou eie risiko,” skryf sy op Facebook.

Shaleen sê sy het die dieetpil Duromine gebruik. En dit per voorskrif van haar dokter bekom.

Dis wat sy op Facebook geskryf:

“Jy moet met jou dokter praat, want jy moet ’n voorskrif kry by hom. Die pille het verskillende uitwerkings op verskillende mense.”

Dié pil het wel vir Shaleen gewerk. “Dit vat jou eetlus totaal en al weg.” Sy het slaaie en opgekookte groente geëet. ” Sommer goed wat nie veel stysel of suiker bevat nie.”

Shaleen is al vir 5 maande van die pil af en het die laaste 3 kg sonder Duromine verloor. Nou vra sy dat niemand haar meer moet pla nie.

“Ek vra mooi: moet my nie weer pla oor ’n dieet nie.”

Só het Shaleen in 2013 gelyk:

Foto: Phyllis Green

Foto: Phyllis Green

Só het Shaleen in 2015 gelyk:

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Só lyk Shaleen nou:

FOTO Facebook

FOTO Facebook

Lees nou

Fanie toets: Hoe ek voel nou?

Fanie toets: Drup-behandeling

Ashley Judd gaan ’n PhD aanpak