shaleen_surtie_richards_nenna_1
Het jy gehoor?

Shaleen Surtie-Richards: Dié keer is sy nie ‘n ou tannie nie

“Dit is ‘n groot uitdaging, veral omdat Francene Jacobs, die nuwe skrywer in die Villa, so hemelsbreed verskil van Nenna,” sê sy.

Nenna was dalkn tannie, maar Francene is alles behalwe een.

“Ek hoef nie van my extentions of my naels ontslae te raak vir dié rol nie,” gesels Shaleen.

“Sy is baie hip en happening.”

‘Ek is nie meer Nenna nie’

Shaleen sien baie daarna uit om vryheid te hê op die stel, aangesien die rol van Nenna baie beperk was.

“Ek sou nooit in my lewe gedink het ek gaan weer in ‘n sepie speel nie. Maar wys jou net, never say never,” sê sy.

Vir die rol gaan sy nie verskriklik baie voorbereiding doen nie.

“Ek hou daarvan om saam met die regisseur te werk aan ‘n rol. Dit help mos nou nie ek werk haar haarfyn uit en ek kom daar en hulle hou nie daarvan nie … Ek glo dit moet natuurlik, eerlik en opreg gebeur.”

Ou vriende, nuwe horisonne

Egoli het Shaleen baie tyd gehad om aan teaterstukke te werk. Haar eenvrou-toneelstuk As ek maar geweet het, is juis pas benoem vir ‘n kykNET Fiesta. Dit kan op 28 en 30 Januarie by die Suidoosterfees in Kaapstad gesien word.

Daar is heelwat dinge van Egoli wat sy glad nie mis nie, vertel Shaleen. Soos om halfvyf in die oggend op te staan en heelaand te sit en woorde leer. “Ek mis wel my vriendinne, Christine [Nora] en Brümilda [Louwna], ongelooflik baie!

“Maar ‘n paar van my ou pêlle, soos Marcus Muller en selfs van die regisseurs in Villa Rosa, kom van Egoli se dae al saam met my, en dit gaan wonderlik wees om weer saam met hulle te werk.”

Ek voel só geseënd!

Die afgelope jaar was vreemd vir Shaleen. “As jy 19 jaar lank elke dag dieselfde doen, saam met dieselfde mense werk en wéét waar volgende maand se geld vandaan gaan kom, is dit baie moeilik om skielik vryskutwerk te doen. Maar ek is só geseënd, ek het altyd werk, en ek kry lekker werk. Ek is regtig baie gelukkig.”

  • http://lorkhwwrdzbt.com/ xnpnhywtoq

    pDLWYK suyhbiglzttl, [url=http://ufvyfybsoxij.com/]ufvyfybsoxij[/url], [link=http://bzhhzwgekbwy.com/]bzhhzwgekbwy[/link], http://sogteiiymile.com/

  • dyladodcr

    gdKGEW evejdaviqcbj, [url=http://willyfzuskpc.com/]willyfzuskpc[/url], [link=http://vbzpfamtbgru.com/]vbzpfamtbgru[/link], http://agrvlqdawuzd.com/