Foto: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Shaleen Surtie-Richards se ma oorlede

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards se ma, Ellen (Sakkie), is gisteraand 2 Februarie om 19h00 oorlede.  SARIE.com het in 2010 met Shaleen oor haar ouers gesels:

Jou ouers, Shagan (Hokkie) en Ellen (Sakkie), het die fondamente vir jou sukses gelê?
Ek baseer my leefwyse op wat my pa, ’n onderwyser, my geleer het. Mamma ook. O, ek het baie pak gekry, want ek was goddeloos! Ek het een keer vir my pa gelieg en hy het my geklap dat my wange só maak. Ek het dit nooit weer gedoen nie.

Hulle het jou geleenthede gegee?
Toe die wit ouers nie wou hê ek moet saam met hul kinders ballet nie, het Pappa ’n balletonderwyseres in die Kaap gaan haal en vir haar ’n huis op Upington gekry. Hy het ballet-bars in ons sitkamer aangebring en ’n linoleumvloer laat insit. Want sy kind sóú ballet neem!

Jy versorg vandag jou ma?
Toe Pappa 80 jaar oud geword het, het ek vir hom en Mamma voor hul vriende en familie beloof ek sal sorg dat hulle nooit ouetehuis toe gaan nie. Hy is in 2000 dood en daarna het Mamma by my kom bly. Sy het ‘n beroerte gehad en loop nie meer maklik nie.

Ek verstaan sy was ‘n formidabele vrou op haar dag.
My ma was een van die beste sprekers wat ek nóg gehoor het. Sy was in verskeie komitees, selfs saam met Marike de Klerk Ierland toe vir ‘n vroueding. Sy het na plase gegaan en vroueklubs gestig.

Lees die onderhoud hier

Shaleen Surtie-Richards verloor 8 kg

Shaleen Surtie-Richards praat ná haar beroerte