Het jy gehoor?

Die nuwe Thelma en Louise?

Dié glans-musiekgeleentheid is geopen met dié video om die aand op ‘n vrolike noot te begin en die kollig te plaas op kunstenaars wat die afgelope jaar ‘n groot impak op country-musiek gemaak het, berig OK! Magazine.

Ander country-sangers soos Kid Rock, die Glee-ster Chord Overstreet en Kenny Rogers het ook in die Thelma en Louise-insetsel gespeel, met selfs Donald Trump wat ‘n verskyning maak.

Kid Rock was die aanbieder van die geleentheid wat in die Bridgestone-arena in Nashville gehou is.

Onder die wenners is Lady Antebellum vir gewildste groep van die jaar en Taylor Swift vir musiekvideo van die jaar vir haar liedjie “Mine”.

Die nuwe American Idol-wenner, Scotty McCreery, het gewys waarom hy as die wenner weggestap het met ‘n onvergeetlike vertoning.

Klik hier vir die video

Shania Twain Shania Twain het ook hierdie week aangekondig dat sy in 2012 gaan begin met ‘n vertoning met loopbaan-hoogtepunte, Shania: Still the One, in die gesogte Colloseum by Ceasers Palace in Las Vegas. Sy het ook haar eie program op Oprah se nuwe kanaal, OWN (Oprah Winfrey Network), genaamd Why Not? With Shania Twain.
  • Louise

    wow soek al so lank die movie hoop hul maak dit.
    sal graag wil weet waar ek die oorspronglike een kan kry.