FOTO Instagram / @theshando

FOTO Instagram / @theshando

Het jy gehoor?

Shannen Doherty skeer hare en veg teen kanker

Sy het haar hare afgeskeer en vreesloos ’n reeks foto’s op sosiale media geplaas. Nou hoop die aktrise Shannen Doherty (45) dat dié foto’s mense gaan bewus maak van die stryd teen borskanker.

Borskanker is verlede jaar by haar gediagnoseer. Nou, meer as ʼn jaar later, het sy aan Entertainment Tonight gesê die kanker het versprei, al het sy ʼn mastektomie gehad. Sy ondergaan nou chemoterapie en sal daarna ook bestraling kry.

Shannen werk al sedert sy 11 jaar oud is as TV-aktrise. In 1990 het sy naam gemaak met haar spel as die karakter Brenda Walsh in Beverly Hills 90210. In 1994, ná vier seisoene, het Shannon die reeks verlaat.

Sy het onlangs haar hare geskeer en ʼn reeks foto’s op Instagram gesit. Sy wou ander in ’n soortgelyke situasie hoop gee!

Step 1

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

 

Step 2

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Step 3

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Step 4

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Step 5

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Step 6

A photo posted by ShannenDoherty (@theshando) on

Sy is hoopvol maar ook vreesbevange vir die onbekende wat nou op haar wag.

“Al die ander goed is hanteerbaar. Pyn is hanteerbaar. Om met net een bors te leef is hanteerbaar. Maar dis die vrees vir jou toekoms en hoe jou toekoms die mense wat jy liefhet, gaan aantas, wat onhanteerbaar is.”

Bronne: CNN, ET Online