Het jy gehoor?

Sharon Osbourne kry dubbele mastektomie

Osbourne het 10 jaar gelede kolonkanker gekry en intussen uitgevind sy dra ‘n geen wat haar vatbaar vir borskanker maak. “Dit tel nie in my guns nie,” vertel Sharon. “Ek het voorheen kanker gehad en wil nie met ‘n swaard oor my kop leef nie. Daarom het ek besluit om albei my borste te laat verwyder,” het sy gesê.

Osbourne, die matriarg van die Osbourne-gesin en nou ook ouma van Jack se babadogtertjie, Pearl, was vir 13 uur in die teater.

“Dit was nie ‘n groot besluit nie, dit was voor die hand liggend. Ek wil ‘n ouma vir Pearl wees, en lig leef,” het sy vertel. “Ek is nie nostalgies as ek aan my borste dink nie, ek wil bloot ‘n vreeslose lewe leef. Ek kry myself ook nie jammer nie. Dit was ‘n besluit wat my gehelp het om ontslae te raak van die swaar gedagte dat ek dalk weer kanker kon kry,” sê sy.

Die hele ervaring het haar afgesit van enige verdere plastiese chirurgie. Verál nadat sy uitgevind het dat haar borsinplantings deur haar maagwand gelek het. “Soms kyk ek na ‘n foto van myself en dat lyk my gesig vir my of dit van plastiek gemaak is. Ek is beslis klaar met plastiese chirurgie. Geen geld kan jou jeug terugbring nie, en ek gaan nooit weer onder die mes nie,” het Osbourne gesê.