FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Sharon Osbourne: eers kanker, nou moontlikheid van Alzheimersiekte

Die TV-persoonlikheid Sharon Osbourne het éérs met dikderm-kanker afgereken, toe met haar vatbaarheid vir borskanker en nou het genetiese toetse onthul dat sy ook vatbaar is vir Alzheimersiekte – dieselfde siekte waaraan haar oorlede pa gely het. Só berig die Mirror

Sharon Osbourne

Sharon Osbourne het in 2012 ’n dubbele mastektomie ondergaan ná toetse gewys het dat sy die geen dra wat haar meer vatbaar maak vir verskeie kankers, soos borskanker en kanker van die eierstokke.

Sy het ook ’n dekade vroeër reeds die stryd teen dikdermkanker gevoer.

Sharon se “Alzheimer-gene”

Nou  het sy ontdek dat sy vatbaar is vir Alzheimersiekte – weer danksy toetse wat sy en haar rockmusikant-man, Ozzy, laat doen het, berig Mirror.

“Die uitslae het gewys dat ek een van die twee gene het wat [Alzheimersiekte] kan veroorsaak. Dis nie die twee hoofgene nie, maar hulle is steeds daar en ek het hulle,” het sy gesê.

Sharon is vreesbevange oor dié nuus, omdat haar pa in 2007 oorlede is nadat die siekte by hom gediagnoseer is.

“Om te sien hoe iemand wat jy liefhet dít het … is aaklig,” het sy aan die Mirror vertel.

“My pa was verstandelik super-aktief. Kyk net na Margaret Thatcher, Ronald Reagan … hulle was almal so aktief, en dís wat my regtig bang maak.”

Lees ook