36_Shonda_Rhimes_Cover_Embed
Het jy gehoor?

Shonda Rhimes se jaar van ja

Sy is die skepper, hoofskrywer en uitvoerende vervaardiger van die reekse Scandal, How to Get Away with Murder, The Catch en Grey’s Anatomy. Dink jy aan Shonda Rhimes, duik die naam van die produksiehuis Shondaland onmiddellik in jou kop op. Enkelma, sakevrou en kreatiewe reus.

Dis die 5 goed wat jy van Shonda móét weet.

090315_shondaewmag

1. Sy is ongetroud en die enkelma van 3 dogters. Haar twee oudstes, Harper (2002) en Emerson Pearl (2012), is aangeneem. En haar jongste, Beckett (2013), is gebore danksy ’n surrogaat-swangerskap.

2. Shonda het die draaiboeke geskryf van die rolprente Crossroads (2002), met Britney Spears, en Princess Diaries 2: A Royal Engagement (2004), met Anne Hathaway.

crossroads

3. In 2013 het sy in Time verskyn as een van die nuustydskrif se 100 invloedrykste mense in die wêreld.

4.  In 2015 het sy 45 kilogram verloor. Haar motivering? Om haar dogters te sien grootword.

5. In 2015 het sy ook ’n motiveringsboek gepubliseer, A Year of Yes, wat ’n topverkoper op die New York Times-lys was.

Shonda lewer ’n praatjie op Ted Talk oor haar boek

Lees nou

Aktrise Kerry Washington se dogter is gebore!

Fanie kies: TV-karakters met styl

Grey’s Anatomy-ster se kaal voorblad plus 10 ander smeulende voorblaaie oor die jare