Jana Strydom en haar man, Hannes Kruger. FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Is jou Valentyn ver weg? Sterre gee raad

Vir verliefde paartjies is Valentynsdag gewoonlik die perfekte geleentheid om mekaar te bederf, maar hoe gemaak as julle mekaar nie vandag kan sien nie?

Baie van ons plaaslike sterre kan ook nie dié spesiale dag met hul geliefdes deel nie. Hulle gee raad sodat jy steeds die meeste uit Valentynsdag kan kry.

Jana Strydom

Jana en Hannes het al 18 Valentynsdae as paartjie gedeel. FOTO: Facebook

Jana en Hannes het al 18 Valentynsdae saam gehad
FOTO: Facebook

“Ek en my man, Hannes Kruger, het al 18 Valentynsdae saam gehad – ek onthou nie meer almal nie! Vandag is hy in Johannesburg en ek is in Arniston in die Wes-Kaap met ons kinders,” vertel Jana wat besig is om SABC 2 se nuwe TV-reeks, Swartwater, te verfilm.

Hannes vlieg vandag Kaap toe sodat hy, Jana en hul twee kinders, drie-en-’n-halfjarige Ohan en 17 maande oue Luka, die naweek saam kan kuier.

“Die ideale Valentynsdag sal wees om ’n oppasser vir die kinders te kry en na ’n restaurant te gaan vir lekker kos en goeie wyn. Ons het dit altyd geniet om so iets te doen voor die kinders gekom het!”

Nuwe TV-reeks Swartwater se sterre gesels

Elma Smit

Elma en Richard in Dubai. FOTO: verskaf

Elma en Richard in Dubai
FOTO: verskaf

Dagbreek se Elma Smit en haar man, Richard Maspero, sien nie mekaar vanjaar op Valentynsdag nie. Richard, ’n sportjoernalis, is die naweek in Oos-Londen vir werk.

“Valentynsdag is boonop my man se verjaardag ook!” vertel Elma. Sy en Richard beplan om Dinsdag hul eie Valentynsdag te hou. “Dan kos alles ook nie meer ’n arm en ’n been nie!” Gewoonlik gaan die twee op ’n lekker uitstappie, maar Dinsdag gaan hulle dinge “vat soos dit kom”.

“Alles in ons lewens is altyd beplan, daarom is dit lekker om een dag anders te benader,” sê sy. Maar Elma het vandag ook ’n verrassing vir Richard beplan. “Ek het die hotel gebel en gereël dat hulle vir hom ’n klein bederfie moet gee …”

FOTO’S: Elma en Richard se reisjoernale

James en Anel Alexander is ook nie vandag bymekaar nie – lees hier waarom is Anel oorsee

Aletté-Johanni Winckler

“My man, Heinz, sing gewoonlik op Valentynsdag, so ons is omtrent nooit bymekaar op dié dag nie,” sê Aletté. “Gelukkig was my verjaardag reeds vir my ’n bederf.” Aletté het Woensdag, 12 Februarie, verjaar.

Die paartjie, wat onlangs Wes-Kaap toe verhuis het, het Aletté se verjaardag by ’n restaurant teen die see gaan vier. Heinz kan dié jaar weer nie Valentynsdag by die huis wees nie, want hy het vanaand ’n optrede in Gauteng.

Aletté blog vir SARIE oor die groot trek Kaap toe

“Maar miskien bederf ek hom met koffie in die bed – hy doen dit elke dag van die jaar vir my – en dan kan ons nadat ons die kinders by die skool afgelaai het ’n spesiale ontbyt gaan eet,” het sy gister aan SARIE.com gesê.

Aletté verwag haar en Heinz se derde seun – kyk die swangerskapfotosessie

Leandie du Randt

Leandie en haar kêrel, Alex. FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie en haar kêrel, Alex
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Aktrise Leandie du Randt se kêrel, Alex Pires, kan haar nie vandag bederf nie, omdat hy verantwoordelikhede by sy werk het.

“Ons het mekaar verlede jaar ook nie gesien nie,” vertel sy. Dit beteken egter nie dat sy nie planne vir vandag het nie…

“Ek dink ek gaan na ’n partytjie vir enkellopendes saam met my vriendinne. En dan net ’n hemp aantrek waarop staan ‘not single’,” sy lag. “Of ek gaan by my vriende ’n kersligete geniet …”

“Ek sou daarvan gehou het om die dag te gebruik om saam met Alex ge-pamperlang te word – spa-behandelings, langs die swembad lê en net mekaar se geselskap geniet …”

Kry Leandie se voorkoms só

WAT DOEN JY VANJAAR VIR VALENTYNSDAG? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!