FOTO: Instagram simonenortmnn

FOTO: Instagram simonenortmnn

Het jy gehoor?

Simoné Nortmann van TV tot radio

Ons het die aktrise Simoné Nortmann as die skooldogter Nadia Croukamp in 7de Laan ontmoet. In 2015 het die pragtige blondekop besluit om die Laan te groet, maar sy sit allesbehalwe stil en het het nou agter die radio-mikrofoon ingeskuif.

Sy is besig met opleiding by Groot FM om ’n radio-omroeper te word.

“Ek bly by my ma-hulle in Centurion. Groot FM het gesê hulle soek instaan-omroepers. Ek het ’n stemopnames gestuur en ná drie rondes het hulle my laat weet dat ek kan kom skadu!”

My office for the weekend #radiotraining #grootfm

A photo posted by Simoné Nortmann (@simonenortmnn) on

Maar vir eers moet Simoné die opleiding ‘n rukkie laat los. Sy werk nou aan die komediereeks Hotel wat vir kykNET verfilm word. “Ek is gelukkig om net 2 km van die stel af te wees.”

Sy gaan ook in haar eerste rolprent verskyn, Vir die voëls, waarin sy ’n hoofrol gaan speel.

 

Kyk net hoe mooi lyk Simoné met haar lang hare!