ccc8854850604c55a6d2bd2e7fbb274a_310w
Het jy gehoor?

Sit 7de Laan dalk die kameras af?

Dit het die afgelope naweek aan die lig gekom dat die gewilde sepie 7de Laan nog nie ‘n hernuwingskontrak van die SAUK ontvang het nie. Sou hulle teen eerskomende Vrydag, 31 Augustus, geen kontrak in die hand hê nie, sal die produksiespan die kameras neersit totdat die regte dokumente aan hulle besorg word.

Só het Tsholofelo Modise, hoof van publisiteit by 7de Laan, aan SARIE.com gesê.

“As ons nie teen Vrydag ‘n kontrak van die SAUK ontvang nie, sal ons nie verder verfilm nie.”

“Ons sal slegs voortgaan met die vervaardiging wanneer ons die kontrak ontvang. Teen Vrydag sal ons klaar geskiet het tot en met die episode van 12 November.”