Jennifer Lopez
Het jy gehoor?

Sjoe! Jennifer Lopez smeulend op 45

Die sangeres, aktrise en ma van twee het haar plat maag in ’n nuwe veldtog gewys – en op 45 lyk sy steeds smeulend!

Dié foto’s gee ons sommer ekstra motivering om die oortollige vetjies voor die feesseisoen af te skud.

Jennifer is die nuwe gesig van BodyLab, ‘n onderneming wat voedselaanvullings aanlyn verkoop, en dié keer is dit eerder haar maagspiere as haar agterstewe wat die aandag trek.

Jennifer Lopez

 

Jennifer Lopez

Jennifer is nou besig om haar eerste boek, True Love, te bemark. Sy gaan blykbaar ook binnekort ’n reeks saam met BodyLab verkoop.

Haar geheim?

Sy het in die verlede al gesê dat haar vietse lyf die resultaat is van ’n gesonde leefstyl. Oor die produkreeks sê sy: “Dit is geen vinnige oplossing in ’n bottel nie … Dit is nie ’n vinnige dieet nie … Dit is ‘n manier om jou liggaam lief te hê.”

Bron: Daily Mail

Lees nou

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

 

 

  • Reina Bosch Pretorius

    Ek wonder hoeveel snykunde is aan daai lyf en gesig gedoen en wat alles reg gemaak is met photo shop?

  • Linda Felkel

    Ja stem saam met jou Reina. Snykunde, personal trainer, photoshop, ens. ens. Dink net ons sal ook so asemrowend lyk met al die hulpmiddels! Kyk die mooimaak-sessies hier op SARIE. Wat slegs grimering en die regte klere alles kan doen om mooi en stralend en sexy te lyk!

    Wat my irritteer, is wanneer altyd geskryf word van die vrou wat AL in haar 40s is! Goeiste! Asof dit stokoud is! Ek ken baie vrouens wat met 60+ nog baie goed lyk.