FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sjoe! Kyk hoe lyk Gwyneth op 40!

Stella McCartney het ‘n foto van haar vriendin Gwyneth Paltrow in een van haar ontwerpersbikini’s op Instagram-blad gedeel – en lyk Gwyneth nie te goed vir ‘n vrou 40 nie?

Ons sou ook so gelukkig gelyk het, as ons só goed in ‘n tweestuk gelyk het!

FOTO: Stella het dié foto gedeel met die onderskrif: Sexy lady in Stella swimwear! Summer never stop! x Stella

Gwyneth se vietse lyf is te danke aan die fiksheidsinstrukteur Tracy Anderson wat ook verantwoordelik is vir baie bekendes se sexy lywe soos Madonna, Gisele Bündchen, Sarah Jessica Parker, Kate Hudson en Cameron Diaz.

Tracy het gesê Gwyneth se groot ‘lyfprobleem’ was dat sy lang boude gehad ná die geboorte van Moses, maar Tracy het vinnig dít weggeoefen. En ons sou sê dit het gewerk! Sedertdien het Gwyneth en Tracy saam vier oefen-DVD’s vervaardig, asook ‘n boek Tracy Anderson’s 30-Day Method.

Tracy se sukses lê daarin dat sy area-spesifieke oefeninge kombineer met kardiovaskulêre oefeninge én ‘n gesonde dieet. (Nie soos Gwyneth wat in die verlede ‘n sap-detoks gevolg het totdat sy begin hallusineer het nie! Lees meer hier.)

FOTO: Gisele in ‘n advertensie vir BLK DNM. Sy het glo die perfekte boude volgens Tracy

 

“Toe ek begin het met my besigheid het ek deur tydskrifte geblaai om die ‘perfekte’ liggaamsdele te soek. Ek het op ‘n foto van Gisele afgekom voordat sy ‘n bekende model was. Ek het haar boude uitgeknip en oefeninge uitgewerk sodat my kliënte haar boud-vorm kan hê,” sê Tracy.

“Wat ek wel geleer het, is dat niemand se lyf perfek is nie. Ons oefen om gesond te wees en goed te lyk, en die imperfeksies gee ons lywe karakter.”

 

 

 

 

 

Onthou jy dié gewaagde voorblad van Gwyneth? Lees meer hier!

 

 

 

 

Bronne: Daily Mail, Huffington Post