Het jy gehoor?

Skone Kultuur: Eerste stop-Thailand

Waar ek ure in die somer-son lê om my gelaat net ‘n bietjie bruiner te kry is dit in Thailand glo die mooiste-mooi om ‘n spierwit vel te hê. Hoe witter hoe mooier.Nou wat as jy nie met daardie spierwit gelaat gebore is nie…?

Jy bleik dit natuurlik! Van hare bleik het ek al gehoor, maar om jou vel te bleik? Die idée gaan ‘n hele tydjie neem om op my te groei!

Nou waar kom die idée dan vandaan, dat hoe witter jy is hoe mooier en hoekom is hulle so obsessief dat daar tot ‘n whitening treatment by al wat ‘n salon in Thailand beskikbaar is?

                                                                                                                                                

 
Hulle konnoteer ‘n persoon met ‘n donker vel met werkers! Hulle wil nie verwar word met iemand wat in die ryslande werk, ‘n bouer of vrugte-verkoper langs die straat nie. Hierdie mense werk amper heeldag buite waar hulle ure lank aan sonlig blootgestel word. Hulle het gewoonlik meer plooie en is arm! Van die twee dinge wil geen vrou weet nie.

Die ander rede dat die sneeuwytjie-vel so mooi is vir hulle is, oor hulle bewondering vir die Japanese en Koreaanse vroue.