FOTO: Facebook Jackie Collins

FOTO: Facebook Jackie Collins

Het jy gehoor?

Skrywer Jackie Collins (77) sterf

Die bekende skrywer Jackie Collins (77) het Saterdagaand haar stryd teen borskanker verloor, berig E! Online

Haar ouer suster, die bekroonde aktrise Joan Collins (82), het Twitter gebruik om hulde aan haar te betoon. “Vaarwel my pragtige suster. Ek sal jou altyd lief hê en verlang. Rus in vrede,” het die foto uit hul kinderdae se onderskrif gelees.

Volgens People was Jackie meer as ses jaar gelede met graad 4-borskanker gediagnoseer, maar sy het eers vroeër hierdie maand haar suster ingelig, want sy wou haar nie met die nuus belas nie.

Jackie word oorleef deur haar suster, broer, drie dogters en ses kleinkinders.

Jackie en Joan in Februarie vanjaar by ’n Oscars-partytjie

Jackie in 1968

Bronne: E! Online en People

Lees ook