terry
Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Skrywer Terry Pratchett oorlede

Die gewilde skrywer Sir Terry Pratchett is in die ouderdom van 66 oorlede.

Hy is 8 jaar gelede met  Alzheimersiekte gediagnoseer. Ná sy diagnose het het aanhou skryf en sy laaste boek verlede jaar voltooi.

Terry is in sy huis oorlede, “met sy kat wat op sy bed slaap, omring deur sy gesin,” het Larry Finlay een van sy redakteurs gesê.

Terry het in sy 66 jaar meer as 70 boeke gepubliseer, waaronder die gewilde Discworld-reeks.

Terry word oorleef deur sy vrou, Lyn, en dogter, Rhianna.

Die jongste twiet op sy amptelik Twitter-blad lees “The End” – moontlik deur sy assistent Rob Wilkins die wêreld in gestuur.

 

Bron: BBC