FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

So byna is Darren Scott se Sarah-Kate Mev. Heelal!

Mev. Suid-Afrika, Sarah-Kate, wat met die radio-omroeper Darren Scott getroud is, is as eerste prinses gekroon by vanjaar se Mev. Heelal. Dié skoonheidskompetisie is verlede naweek in Minsk, Belarus, gehou. 

Mev. Kanada, Ashley Burnham, het met die titel van Mev. Heelal 2015 weggestap.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Sarah-Kate het ná die kompetisie gesê: “Ek is baie gelukkig met my prestasie. Hoewel dit wonderlik sou gewees het om die kroon huis toe te bring, voel ek steeds ek het Suid-Afrika trots gemaak.”

Die tema van vanjaar se kompetisie was huishoudelike geweld en die 60 deelnemers moes dié kwessie in die konteks van hul onderskeie lande aanspreek. Sarah-Kate het deur middel van ’n kortfilm, Feel, waarvan sy ook die regisseur was en die hoofrol vertolk het, haar opinie gelug.

Sarah-Kate Scott

FOTO: Verskaf. Sarah-Kate se nasionale kostuum is deur die plaaslike ontwerper Dennis Lloyd gemaak.

Dit is nie die eerste keer dat Sarah-Kate net-net ’n titel misloop nie. Sy is ook as die eerste prinses by verlede jaar se Mev. Wêreld-kompetisie gekroon.

Lees ook