Charlize Theron
Het jy gehoor?

Só bly Charlize Theron en ander bekendes fiks

Al ooit gewonder hoe bekendes soos Charlize Theron hul perfekte lywe kry én handhaaf? Só bly hulle fiks, berig Elle.

Ons goue meisie Charlize Theron en die aktrise Kate Hudson is voorstanders van Bikram-joga (joga in ’n warm kamer). Dié oefening verbeter hul postuur en soepelheid, en as jy na hul plat mae kyk, doen dit beslis ook iets vir hul spiere!

Danksy ballet-geïnspireerde oefening lyk Jessica Alba goed in alles wat sy dra. Dié klasse oefen haar maagspiere, arms, bene, én boude, sonder om te veel druk op haar gewrigte te plaas.

Gewigte is ook deel van haar oefenprogram.

A video posted by Jessica Alba (@jessicaalba) on

Jennifer Lopez en Gwyneth Paltrow glo in die Tracy Anderson-metode – en wie kan stry met hul vietse lywe? In dié klasse fokus jy op klein, “geheime” spiere wat glo die sleutel tot ’n lenige lyf is.

Ten spyte van al die fiksheid-trends, glo Reese Witherspoon steeds dat hardloop die beste oefening is. Dié basiese oefening is belangrik indien jy spiere wil bou en gewig wil verloor.

Lees volledige lys HIER.

Doen oefening in die sitkamer – lees hier! 

Bron: Elle

Lees nou