023mandela_18julie2007
Het jy gehoor?

Só gaan dit met Madiba op sy verjaarsdag

Volgens Zindzi, een van Mandela se dogters, het haar pa dramatiese vordering die afgelope paar dae getoon. Sy het in ‘n onderhoud met Sky (‘n TV-kanaal in Brittanje) gesê toe sy hom besoek het, het hy met oorfone televisie gekyk.

Hy het breed vir ons geglimlag en sy hand opgelig … Hy reageer met sy oë en sy hande … Ek dink hy sal binnekort huis toe gaan.

Volgens Zindzi sterk hy goed aan en begin sy krag terugkry. Volgens die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, is Mandela se toestand onveranderd: kritiek, maar bestendig, berig Die Burger. Die Mandela-familie gaan volgens berigte vandag by hom in die hospitaal inloer. Die kleinkinders gaan vir 67 minute lank gemeenskapswerk doen.

Wat doen ander?

Die Verenigde Nasies hou vandag in New York ‘n spesiale sitting om Madiba se lewensbydrae te gedenk.

President Jacob Zuma gaan huise aan behoeftige gesinne in Danville skenk.

Die F.W. de Klerk-stigting gaan ‘n skool in Kaapstad opknap.

Zelda la Grange (wat vir jare Madiba se regterhand was) gaan saam met die organisasie Bikers for Mandela Day en prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universitiet van die Vrystaat, in Bloemfontein vergader. Hulle ondersteun die No Student Hungry-veldtog.

Die Eiffeltoring in Parys word vandessweek weer in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag belig om Mandela se verjaarsdag te vier.

BRON: Die Burger

WAT GAAN JY DOEN OM MANDELA SE LEWENSFILOSOFIE VANDAG UIT TE LEEF? STUUR VIR ONS JOU FOTO’S

Gisteraand op Kwêla het Coenie de Villiers en Elvis Blue ‘n spesiale lied ter ere van Mandela gesing. Dit is ‘n Afrikaanse weergawe van die oorspronklike Nkosi SikeleliAfrika. Dit is die eerste keer dat Coenie in die Kwêla-atljee sing (hy het voorheen net ander kunstenaars begelei).

HIERONDER is die video van die lied:

Lees ook ons portret oor Madiba, “Geliefde Madiba: Ikoon, maar ook net mens” in die nuutste uitgawe van SARIE – nou op die rakke.