coronation
Het jy gehoor?

Só gaan Kate en William se babakamer glo lyk

Net die beste vir ‘n koninklike baba: Dié sketse wys alles van ‘n Phillippe Starck-kandelaar, ‘n stylvolle stoel vir Ma Kate en ‘n antieke wiegie.

‘n Handgemaakte ryperd en ‘n stel muurfoto’s van die familie en Diana, is van die persoonlike items in die kamer. Dié foto’s van Diana en haar kinders gaan glo in die babakamer hang. Kate is bekend vir haar elegante en simplistiese styl, en kenners meen die babakamer gaan dieselfde ‘gevoel’ hê.

Die babakamer gaan binne-in woonstel 1A van Kensington Place wees, en dít simboliseer ook Kate en William se oorgang van ‘n paartjie na ouerskap. Hierdie plek gaan ‘n plek van heenkome vir dié twee en hul eersteling wees. En van die speelgoed is glo ook van William en Kate s’n uit hul kinderdae.

En die kleur? Gele en ‘n natuurlike palet sal die hoofkleure wees vir dié rustige omgewing waarin die koninklike baba sy of haar eerste jare gaan deurbring.