FOTO: Instagram selenagomez

FOTO: Instagram selenagomez

Het jy gehoor?

Só hanteer Selena Gomez internet-boelies

Soos vele ander bekende vroue is die sangeres Selena Gomez ook al deur internet-boelies geteiken. Dié donkerkop het sosiale media gebruik om hulle op hul plek te sit, berig People. 

Paparazzi het seker gemaak dat die gewig wat sy aangesit het nie ongesiens verbygaan nie. Die negatiewe kommentaar op vakansiefoto’s van haar in April waar sy in haar swemklere verskyn, het haar gevoelens seergemaak.

Gelukkig het sy nie lank vir haarself jammer gevoel nie. Sy het dié foto die volgende dag met haar byna 44 miljoen Instagram-volgelinge gedeel en gesê daar is nou meer van haar om lief te hê.

I love being happy with me yall #theresmoretolove

A photo posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

Volgens die Huffington Post het Selena in ’n onderhoud gesê sy voel nou bemagtig, alhoewel dit haar ’n tydjie geneem het om by dié punt te kom. Sy het ook nou baie meer selfvertroue en is gemaklik met wie sy is.

Bronne: Huffington Post en People

Lees ook