Het jy gehoor?

Kyk hoe lyk Andriëtte nou?!

Baie oefening en gesonder eetgewoontes.
 Vandat sy sowat ’n jaar terug in die gimnasium begin oefen het, het die kilogramme weggesmelt. “En hoe meer gewig ek verloor het, hoe beter het ek gevoel.

Deesdae stap ek vol selfvertroue in ’n klerewinkel se aanpaskamer in, want die klere sit nou gemaklik.” 
Andriëtte vertel sy het nooit gedink sy is oorgewig nie. “Maar ek het altyd op die verhoog gevoel ek moet my broek oor ’n walletjie trek,” lag sy. 
Dis eintlik haar kêrel, Marcel, wat haar aan die oefen gekry het.

“Marcel neem gereeld aan driekamp-kampioenskappe deel en hy het my saam met hom gim toe gesleep wanneer hy gaan oefen het. Ek het eers net ’n paar oefeninge op die gim-toerusting gedoen en bietjie gedraf. Nou oefen ek drie keer in ’n week saam met ’n persoonlike afrigter en stap of draf ook twee keer in ’n week.”

Sy volg nie ’n streng eetprogram nie; sy eet net gesonder, sê Andriëtte. “Ek het opgehou om in die aand stysel te eet. En ek sal in die middae eerder ’n omelet met ’n gesonde vulsel as ’n toebroodjie eet. Ek eet dus meer proteïene en minder koolhidrate.”

Andriëtte erken sy geniet steeds oor naweke lekkernye soos pizza as sy lus is daarvoor. “Maar ek tel nie gewig op nie omdat ek so baie oefen. Ek voel fantasties. Voorheen wanneer ek uit die stort geklim het en my lyf nog so ’n bietjie nat was nadat ek dit afgedroog het, het ek gesukkel om my broek aan te trek. Ek het skoon in ’n sweetjie uitgeslaan soos ek gespook het. Nou gly my broek aan my lyf!”

                                            VOOR                                           NA
Andriëtte voor sy haar nuwe lewenstyl afgeskop het Andriëtte soos sy nou lyk
  • Karin

    Sy is een van my gunsteling sangeresse. Sy lyk baie goed en mag sy nog baie lank sing.

  • Carin Nieuwoudt

    Wow Wow Wow! Well done, jy lyk stunning! ‘n Regte inspirasie!

  • marlene marais

    wow het nog altyd gedink sy is mooi – beeldskoon.

  • Benita

    Jy lyk STUNNING!!!

  • Petra Steyn

    Ek het beslis meer van die "vetter" Andriette gehou!

  • christa oosthuizen

    Baie geluk met jou gewig verlies dit is wonderlik!jy lyk soos n moedel

  • Renette

    Sy lyk pragtig – maar ek hopi sy verloor nog nie! Mens se gesig verander saam en sy is pragtig!

  • Tania

    Wel gedaan, jy lyk pragtig.

  • Adele

    WOW Jy lyk fantasties!! Baie geluk!! Jy is ‘n inspirasie vir baie 🙂

  • Ellen le Grange

    JY LYK STUNNING!!!

  • Petro

    Sy het nog altyd pragtig gelyk! Dis wonderlik dat sy nou net so goed voel ook, baie geluk A.

  • Renette Nel

    Andriette jy lyk Pragtig!

  • loekie Strydom

    wow!! Andriette jy lyk fantasties…moet net nie nog maerder raak nie…

  • anne

    Jy lyk pragtig, wat n insprirasie

  • Lettie Cronje

    wow maar sy was maar altyd mooi want haar geaardtheid maak haar mooi

  • Zjadra Gouws

    Jy lyk mooi vrou!! moet net nie nog gewig verloor nie!! onthou ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees!! xxxx

  • Bewonderaar

    sy is sekerlik die heel mooiste Afrikaanse sangeres ooit, en daai STEM maak my kniee jellie.

  • liz louw

    Jy was nog altyd ‘n wenner! Hou so aan, jy is nie verniet ‘n IDOL wat nog altyd skitter nie!

  • Alta Vigus

    jy lyk pragtig, welgedaan, jy is ook ‘n inspirasie vir my

  • Esther Reynecke

    Jy lyk pragtig. Jy was nog altyd baie mooi vir die Karoo tannie van Beaufort Wes. Ek hoop net jy gaan Skouspel toe.

  • salomes

    Dink nie sy was oorgewig nie? Net ‘n pragtige meisie met ‘n "gewone" lyf…. Sy is nou baie maer. As dit haar gelukkiger maak, is ek bly vir haar, maar dink nie sy het nodig gehad om soveel gewig te verloor nie..

  • petra

    jy lyk so pragtig hou dit so

  • sonja de ridder billson

    sjoe !! deel daai dieet met ons !!

  • lettie

    Baie geluk Andriette, jy lyk baie mooi en slanker, ek het nog nooit gedink dat jy oorgewig was nie. Maar as jy beter voel en lyk vir jouself dan is dit wonderlik. Sterkte vorentoe.

  • ANDRIETTA

    Kyk net wat "regeet" en oefening kan doen!!! Mense, gooi asb alle dieet middels weg!!!! Jy lyk stunning!

  • Johanna Brown

    Baie geluk Andriette jy lyk pragtig!!!

  • Gerna Bekker

    Wow, sy is pragtig!! Nou het ek ook sommer weer inspirasie om nie moed te verloor nie!

  • valerie joubert

    Sy is ook een van my gunsteling sangeresse en sy is vir my pragtig, van die begin af was sy my gunsteling! Ek luister graag na jou sang! Sterkte met jou sangloopbaan!

  • Rika van der Merwe

    Andriette jy is my gunsteling sangeres. Ek kan nie genoeg van jou musiek kry nie.
    Jy is so nederig en met jou voete plat op die grond.
    Jy lyk absoluut stunning en dan is jy nog pragtig daarby

  • Essie

    Andriette, daar is nie woorde om jou te beskryf nie, al wat ek weet jy doen dit vir my!!! x

  • Gerda Louw

    Sy het onherkenbaar maer geword, bly sy voel goed, maar sy sal verby haar aanhangers loop in die straat en mense sal nie eens weet dit is sy nie.

  • Marieta

    Sy was nog altyd pragtig maar sy lyk nou absoluut stunning!!!

  • Steve

    Nee wat, sy het BAIE mooier gelyk met biekie lyf.
    Sy is nou HEELTEMAL te maer!!!!
    Sy was sexy, maar nie meer nie!

  • Rockmad

    Dis wonderlik om gesond te wees maar te maer is ook nie mooi nie. Ekt meer van die normale Andriette gehou……syt my altyd aan Marilyn Monroe laat dink. Nou meer aan Posh. Maar jy bly ‘n gunsteling en jys pragtig.

  • Herman

    Nog steeds mooi; maar ek as man het meer van haar "voller" figuur gehou. Maer is nie noodwendig mooi nie.

  • Anfra Visser

    Om soveel talent te he is ‘n gawe. Jy lyk pragtig en is ‘n inspirasie vir jonk en oud. Jou innerlike is dit wat die meeste tel.

  • Natasha Hattingh

    WOW!!! Wat ‘n inspirasie…vir almal wat so sukkel om die ekstra gewig af te kry. Deel asseblief jou gesonde eetplan met ons? Dit sal great wees. Dankie.x

  • Tanya

    Sy het nog altyd mooi gelyk! DIs seker maar die "koerante" daar buite wat gesê het sy is vet wat sy nog nooit was nie! kom ons hoop maar net sy raak nie soos ‘n stokkie soos almal wil he ‘n mens moet lyk nie!

  • Heinriette

    Andriette pasop vir te maer word!! Jy lyk baie mooi!

  • Elize

    Sy moes eintlik die Idol-WENNER gewees het en nie die 2e PLEK WENNER nie

  • Jo-Anne

    Jy lyk nou soos iemand wie siek is. Die ou Andriette het pragtiger gelyk

  • mae Schonken

    Ek is dood eerlik as ek se dat haar lyfie baie goed lyk, maar ek het meer gehou van die ou Anriette se gesiggie.

  • Wally

    Sy is net so mooi as wat sy mooi sing!!

  • Monica

    Jy lyk pragtig. Dit is nie maklik om die kilogramme af te skud nie,maar jy het wonders reg gekry. Hou daarby!

  • Elizma

    Andriette lyk goed maar het tog vir my net so mooi gelyk met daardie bietjie meer vetjies om die lyfie.

  • elmarie

    Andriette, het jou nie eers herken nie. As jy beter voel omtrent jouself, hoera! MAAR jy was in elk geval pragtig en sing soos ‘n Engel. Jy is dieselfde kaliber as ou "Skarumba’tjie" Jy gaan van krag tot krag. Jou musiek sal altyd aangenaam wees om te hoor. Moet tog net nie jou persoonlikheid verander nie, want op die ou einde is dit die belangrikste deel van die pakkie. Geniet jou sukses en weet jy het klomp bewonderaars wat agter jou stn.

  • Cilie

    Sy was so pragtig met haar voller lyfie maar ek dink sy is nou te maer. Moet asb nie nog maerder raak nie. Love jou stem!!!

  • nadia

    xx

  • ANNAMARE

    EK DINK PERSOONLIK DIE FOTO WAAROP SY DIE BLOUROK DRA IS BIETJIE GEDOKTER

  • Wilma Coetzee

    Ek’s trots op jou selfbeheersing, om vas te kon byt met die gewig verloor,..maar di voller jy, was so onsettend pragtig!! Ek stem ook dat jy nie nog maerder moet word nie!! Innerlik is jy selfs beeldskoon! Namibia groete! x

  • kirkee

    ons het jou leer ken toe jy "voller" was en dit het jou mooi gepas maer pas jou nie ! Jou stem is beautiful dankie vir jou musiek

  • Adele

    My persoonlike opinie, sy het baie gesonder gelyk met die walletjie en al.
    (wonder hoekom die spreek woord gebruik word: Spek vet en gesond en nie brand maer en gesond nie??)

  • Dean Grobbelaar

    ‘n Pragtige sterk stem en ‘n Pragtige dame. Jy lyk nou goed en pas jou, mens moet altyd bietjie maer as bietjie vet wees,

  • sanette

    Andriette jy lyk amazing verby!!!!!!! jy is beslis ‘n inspirasie vir ons almal. jy is my gunsteling sangeres op die stadium met ‘n stem soos ‘n engel!!!!!

  • GP

    jy ly baie mooi ,,is mal oor jou stem ,,,

  • Petro

    Jy lyk pragtig maar moet asb nie nog maerder word nie! Jy is my gunsteling sangeres vanaf jou eerste CD en jy het ‘n fluweelstem. Mag jy nog baie baie lank sing.

  • Alta

    Jy lyk Awesome Andriëtte. ons is baie trots op jou en jou sang en musiek is uitstekend. alles van die beste vir jou op jou pad vorentoe.

  • Ansie Venter

    Awesome dit verg baie selfvertroue en uithouvermoe glo my.

  • JP

    Nee Nee Nee ! Jy was pragtig met jou voller gesig , nou lyk jy soos n veldmuis ! og ok , darm nie regtig nie , jy is mooi , maar was pragtig voor jy gewig verloor het . n Boere meisie moet iets he om aan vas te hou . Nie n ou vet bus nie , maar n boerseun is nie gebou vir n draadkar nie ! Mal oor jou musiek !

  • Jenny

    Anriette jy lyk ongelooflik goed! Ek kan my net indink hoe jou nuwe voorkoms jou nog net meer krag en selfvertoue gee vir nog uitdagings wat op jou pad is. Sterkte met alles wat op jou wag vir 2012, en bly die meisie met haar voete op die grond. Ons is mal oor jou stem!

  • wendy

    jy lyk pragtig jong hou so aan you go girl ..

  • Elani

    Ag nee regtig! Hier vaar die ou suurknolle weer uit oor gewig "issues"! Andriëtte, jy lyk stunning! Moenie lat bitter mense jou vreugde en trots in wat jy bereik het wegneem nie. Die hoogste bome vang die meeste wind! Knap gedaan xx

  • Potchefstromer

    Andriëtte, net een vragie, is dit jy wat so wou lyk of is dit jou kêrel se wens. Moet asseblief nie jouself verander net om ‘n ander persoon se wense te vervul nie. Vra maar net.

  • TEESEE

    Ja mens kan sien die foto met die blou rok is gedokter-sy het seker paar kilogram afgeskud ,maar sy lyk niks soos die een met die blou rok nie,Dit is alles vir die publisiteit gedoen!

  • Hyla

    Jy lyk pragtig….. mooi van binne en buite…. hou altyd jou voete op die aarde.

  • Magda vd Merwe

    Die lyfie is pragtig, maar haar gesiggie te maer!Moet asb nie nog maerder word nie!!

  • Andrea

    Ons het gister teruggekeer van die KKNK af waar ons, onder andere, vir Andriëtte sien optree het. Sy lyk regtig pragtig, gesond en baie goed in lewende lywe. Sy is nie "te maer" nie en lyk geensins "sieklik" nie. Sy lyk soos ‘n jong, lewenslustige meisie wat haar doelgewig bereik het en dit terdeë geniet! Welgedaan!

  • Elise

    Jy is absolute stunning – ek is mal oor jou en stem volkome saam, jy moes die Idol wenner gewees het. Jy is beslis my favourite sangeres. Alles wat mooi is vir jou vir die toekoms !!!!!!!!!!!!!!!!

  • Adèle

    Jy lyk absoluut pragtig, jy was in elk geval met 10 kg ekstra net so mooi!! Ek is mal oor jou van die word Go! Solank jy gemaklik voel in jou "nuwe" lyf is als reg! Wel gedaan! Bly so nederig en stunning dame!!