Het jy gehoor?

Só het Anne Hathaway se trourok gelyk

Die Les Misérables-aktrise is glo soos ‘n dogter vir Valentino, nou 80 jaar oud, en hierdie was ‘n baie persoonlike projek vir hom. Die romantiese, elegante ontwerp van ivoor-sy het selfs handgeverfde details gehad.

Valentino se trourok-ontwerp vir Anne Hathaway

Hathaway en Shulman het in ‘n oop tent op ‘n krans getrou, omring deur dennebome.

“Hulle het só gelukkig en verlief gelyk,” het ‘n bron vertel. “Tydens die fotosessie was hulle energiek, en toe hul op ‘n stadium ‘n alleentydjie eenkant gehad het, het hulle lank in mekaar se oë gekyk en toe gesoen,” het die bron verklap.

Kyk na ‘n steel-troufoto by www.usmagazine.com.

* Blake Lively en Ryan Reynolds het ook onlangs in ‘n baie private geleentheid getrou.

  • Douleen

    Dis so perfek vir Anne. Baie Geluk!

  • Suzette

    Die rok lyk pragtig volgens die skets, maar ai die mannetjie(bruidegom) dit sal maar neuk.

  • Michelle

    Pragtig – hierdie is nou regtig een mensie wat die hele pakket gekry het – mooi lyfie, mooi gesiggie, mooi hare, slim, ens, ens, ens.
    Wat ‘n bevoorregte mens – hoop sy gaan baie gelukkig wees. Stunning rok.

  • Elsabe

    Dit is ‘n pragtige, romantiese rok. Ek kan amper se dit is die mooiste rok wat ek al gesien het.
    En die pienk in die soomgedeelte is droommooi.
    Dit het haar soos ‘n fee-prinses laat lyk.