Het jy gehoor?

Só het prinses Beatrice disleksie oorkom

Die oudste dogter van prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, het met disleksie gesukkel totdat sy die gewilde Harry Potter-reeks begin lees het. Koningin Elizabeth se kleindogter het die eerste boek van dié reeks gelees en haar liefde vir lees het net daar begin.

“Ek kon nie dié boeke neersit nie,” sê Beatrice. Dié 24-jarige prinses sal in ‘n videoboodskap tydens die Get Reading-fees oor die belangrikheid van lees praat. Sy sal ook uit die Harry Potter-boeke voorlees.

Top-leerder vertel: My lewe met ADHD – “Jy kán jou uitleef”

“Toe ek jonger was, is ek gediagnoseer met disleksie. Dit was vir my moeilik om voor ‘n boek te sit – totdat ek Harry Potter ontdek het … Dit het my verbeelding aangegryp en ewe skielik was lees pret. Ek was geïnspireerd en gemotiveerd om te lees.”

Wie is prinses Beatrice en haar kêrel se nuwe Hollywood-vriende?

Beatrice is in April vanjaar aangewys as die beskermvrou van die Helen Arkell-disleksiesentrum. “Ek is baie geëerd om die rol te vervul … Ek sou nooit my akademiese resultate behaal het as ek nie die ondersteuning van die sentrum ontvang het nie.”

Maak jou kind boelie-bestand

Bernadette McLean, hoof van Helen Arkell, is baie in haar skik met Beatrice se betrokkenheid by die sentrum. “Sy is ‘n wonderlike ambassadeur vir die sentrum en ‘n goeie rolmodel vir almal met
disleksie – jonk én oud. Haar ervaring beteken dat sy beter kan verstaan watter ondersteuning nodig is vir mense met disleksie om hul potensiaal te bereik.”

Ander bekendes met disleksie

Die akteur Orlando Bloom Die sangeres Cher Patrick Dempsey 
Die aktrise Keira Knightley Die akteur Patrick Dempsey (foto regs)
Tom Cruise Whoopi Goldberg
Die televisie-aanbieder Jay Leno Sir Anthony Hopkins
Die bekroonde filmregisseur Steven Spielberg Die legendariese akteur Marlon Brando
Die televisiekok Jamie Oliver Die ontwerper Tommy Hilfiger
Richard Branson, die stigter van Virgin Henry Ford

Bron: Hello! Magazine, Wikipedia