FOTO:  Twitter @@Pat_Cilliers

FOTO: Twitter @@Pat_Cilliers

Het jy gehoor?

Só het rugbyspeler Pat en ander bekendes die ja-woord gevra

Die rugbyspeler Pat Cilliers (27) het die naweek die koerante gehaal oor die manier waarop hy sy meisie, Megan Last, gevra het om te trou.

Pat het die ja-woord oor ’n vliegtuig se interkom gevra, en daarna die nuus op Twitter gedeel.

Pat, wat tans vir die Stormers speel, herstel van ’n besering wat hy tydens ’n Superrugby-wedstryd opgedoen het, berig Die Burger.

Dít is hoe dié celebs die ja-woord gevra het

Jakkie Louw

Jakkie het sy meisie, Anel van Schalkwyk, in 2011 op die verhoog by Kurt Darren se musiekfees, Kurt Inniebosveld, gevra om met hom te trou. Dit was beslis ’n hoogtepunt van dié fees op Kurt se plaas buite Naboomspruit.

Jakkie het destyds op Twitter gesê: “Ek kan nie wag om te trou nie; nou begin ons life journey saam.” En die volgende oggend het sy gesê: “Liefde maak my sterker. Ek voel vanoggend soos ’n reus!”

Arno Jordaan

Arno het ook in 2011 vir Lizanie die ja-woord gevra. Hy en Steve Hofmeyr het saam in Doebai opgetree, en Lizanie was saam. Nadat sy ja gesê het, het hy getwiet: “Arno Jordaan vra die groot vraag by Atlantis the Palms in Doebai!”

En Steve het ook die nuus gebreek deur op Twitter te verklap: “Arno Jordaan verloof in Atlantis Doebai! Geluk julle twee.”

FOTO: Twitter @lizaniepohl

FOTO: Twitter @lizaniepohl

Corine du Toit

Corine het in Mei 2011 aan SARIE.com vertel: “Ons (Corine en Raz Jensen) was in Durban vir die Paasnaweek, en ons het die dag saam deurgebring en die aand lekker gaan uiteet,” vertel Corine opgewonde. Hy het daar in die restaurant die groot vraag gevra. “Dit was baie spesiaal en intiem.”

Steve Hofmeyr

Steve het vir Janine in 2011 gevra om te trou deur dié groot vraag in sy CD-omslag te sit.

Amanda Singleton, ’n goeie vriendin van Steve, het die nuus in 2011 bevestig. “In die omslag van sy nuutste CD, Haloda, het hy ’n stukkie geskryf waarin hy vir Janine vra om asseblief dit te oorweeg om sy vrou te word.” vertel Amanda. “Hy het haar gevra om sy CD-omslag gou te proeflees voor dit drukkers toe gaan.”

Toe Janine die trou-aanbod lees, het Steve reg gestaan met die verloofring.

Christo Davids (Errol van 7de Laan)

Christo en Cindy Khana het in 2012 op die Kaap se bekende rooi bus die wêreld vol gery en hulle gate uit geniet. Oor middagete op Tafelberg het hy die jawoord gevra.

Jennifer Aniston

Justin Theroux het op Jennifer se 41ste verjaarsdag in 2012 vir haar ’n groot verjaardaggeskenk gegee toe hy gevra het om met haar te trou.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Tanya van Graan

Die voormalige FHM se sexyste vrou was in 2012 op pad na haar 29ste verjaarsdagpartytjie toe die Deense sakeman, Kasper Kristoffersen op sy knieë afsak en haar vra om te trou.

Romanz se Burgerd

Burgerd het vir die sangeres in Zita Pretorius in 2013 die ja-woord gevra. Hy het aan SARIE.com vertel:

“Ek het ’n verskoning gesoek om na haar familieplaas te gaan in die Waterberge. Haar pa het ’n trekkerpart nodig gehad en ons moes dit gaan oplaai en daarheen neem. Almal het lekker saamgespeel terwyl hul Zita in die duister gehou het,” lag Burgerd.

“Ons het toe Saterdag soontoe gery. Ek het ’n piekniek gepak en op ’n koppie wat uitkyk oor die berge stilgehou. Alles waarvan sy hou was daarin – soos hoenderhappies, vonkel-druiwesap (want sy drink nie) en sjampanje-glasies. Ek het my kamera saamgeneem. Dit was só spesiaal! Ons het met die trekker gery!” vertel Burgerd.

Burgerd en sy sangeres-vrou Zita Pretorius FOTO: verskaf

Burgerd en sy sangeres-vrou Zita Pretorius
FOTO: verskaf

“Met sonsondergang het ek gesê ek het vir haar ’n geskenkie. Ek het gekniel en die ja-woord gevra. Sy’t gehuil en opgewonde geskree, ja! Toe skree sy: ‘Sit aan die ring, sit aan!’ Toe kerf ons ons name op die naaste boom en lê op die kombers en kyk na die sterre. Later het ons weer met die trekker by die koppie afgery in die sterlig.”