Het jy gehoor?

Só hou Halle Berry (45) haar tydlose lyf

Hierdie voorkoms kom nie natuurlik nie, en agter Berry se ongelooflike lyf is ‘n gedissiplineerde dieet en ‘n streng oefenprogram.
“Ek moes nog altyd ‘n dieet volg, dis deel van my leefstyl,” het Berry aan usmagazine.com gesê.
Só kyk sy na haar lyf.

Proteïene
Om haar aan die gang te hou en energie te gee vir haar uur lange oefensessies vier dae van die week drink sy proteïendrankies. Sy eet ook energie-stafies.

Spier-oefening
“As ons vier spiere gelyk kan oefen, dan doen ons dit,” sê Nat Bardonnet, haar fiksheidsinstrukteur. Die gunsteling-roetine is vinnige squats terwyl sy haar arms lig. “Dan oefen jy jou bobene, jou agterstewe, jou biseps en jou middel.”

Sy eet gereeld
As diabeet eet sy vyf per dag om haar bloedsuikervlakke stabiel te hou. Sy’s veral lief vir slaaie, vis en sop.

Lees die volledige artikel by usmagazine.com 
  • Jaun

    Mmm Halle Berry is gelukkig. Sy het natuurlik al die tyd in die wereld om haar lyf so mooi te hou. Vertel ons eerder van gewone ma’s wat op 46 na 3 kinders nog steeds baie goed lyk. Sonder om diete te volg of streng oefen programme wat ‘n gewone 9 tot 5 lewe lei. Sulke mense is ‘n goeie voorbeeld.

  • Maranda Fourie Paarl

    Martelize, jy lyk amazing!