FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só kweek Kate Winslet haar dogter se goeie selfbeeld

Die Oscar-bekroonde aktrise Kate Winslet maak ’n punt daarvan om haar dogter te leer om gemaklik in haar eie vel te wees, berig Mail Online

Kate, wat gereeld met haar kurwes in noupassende ontwerpersrokke op die rooi tapyt pronk en openlik teen Photoshop-peuterwerk is, sê sy is nie tydens haar vormingsjare deur opbouende vroulike figure omring is nie.

Toe sy onlangs op die realiteitsprogram Running Wild with Bear Grylls verksyn het, het sy gesê: “Toe ek groot geword het … het ek net negatiewe goed oor my lyf gehoor. Dit is skadelik, want dan word jy as ’n jong vrou geprogrammeer om krities oor jouself en jou voorkoms te wees.”

Volgens BuzzFeed probeer sy om ’n positiewe en gelukkige milieu vir haar dogter te skep: “Ek staan voor die spieël en sê vir Mia (14): ‘Ons is so gelukkig dat ons lywe ’n vorm het. Ons is so gelukkig dat ons kurwes het’ … En dan sal sy sê: ‘Mamma, ek weet’.”

Tog het Kate nie altyd ’n goeie selfbeeld gehad nie: “Ek was geboelie op skool … Ek was oorgewig, ek het nog altyd groot voete en het die verkeerde skoene gedra. Daar was een meisie wat verskriklik lelik was met my … Ek wil haar eintlik bedank dat sy so naar met my was, want dit het my baie sterker gemaak.”

Bronne: Mail Online en BuzzFeed

Lees ook