sr0604_103
Het jy gehoor?

Só lyk Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) se nuwe babadogtertjie

Anri geniet elke oomblik so tussen die harde werk en die min slaap deur. Boetie Enzo pas baie goed aan by die koms van sy baba sussie, hoewel Anri aan die begin skuldig gevoel het dat Enzo nou sy tyd met Annabel moet deel (soos enige Ma maar voel wanneer die tweede baba daar is!).

“Ek voel meer as ooit soos ‘n MA – weet nie hoekom nie, maar dis asof ek nou regtig voel dié is my 2 kiddies, dis ons gesin en ek kan nie wag vir alles wat vir ons voorlê nie. Ek dink dis omdat ek en Etienne nog altyd net 2 kinders wou gehad het en ek voel nou ‘n closure. Ná Enzo het ek heeltyd geweet daar moet nog enetjie bykom.

So ja, ek lyk en voel soos ‘n “sleep deprived zombie”, maar darem ‘n baie happy een!!”

Geluk van SARIE, Anri!

Só lyk Annabel:

Annabel van der Linde

En boetie Enzo:

Anri en haar seuntjie Enzo

  • luzanne smith

    ag moeder, syt haar ma se mond en neus! pragtige dingetjie, baie geluk!

  • Gerda

    Te pragtig vir woorde! En boeta net so pragtig.

  • heila

    baie geluk aan julle!!

  • Engela de Wit

    Baie geluk nog n wonderwerk van God pas haar mooi op, boetie is net so pragtig………………..

  • bessie v d walt

    sy is so pragtig, dink nogal sy gaan eendag biki na ouma Rina lyk en dalk ook sing? lol

  • Christelle van Staden

    Baie geluk julle. Full circle nou! Dis heerlike tye! Alles van die beste!

  • Sandra van Rooyen

    Hoop sy bied julle net vreugde en genot. Geniet maar Boetie ook aangesien hy eerste daar was. Baie Geluk.

  • MARTHIE COTHILL

    baie baie geluk sy is pragtig die mooiste blou oe soos see poele net so mooi soos haar moeder, geniet haar sy is pragtig en so ook haar boetjie
    jy word pragtiger en mag dit so wees dat sy ook so mooi sing en so mooi model soos haar moeder en legendariese ouma
    dankie sarie om dit te deel….

  • Anri van der Linde

    Dankie vir al die goeie wense! Ons geniet albei kinders vreeslik en is net so dankbaar dat God ons geseën het met ons twee ‘engelkinders’ !
    Liefde, Anri x

  • Sonja van der Merwe

    Baie geluk Anri ! Ek is seker Ouma Rina is baie trots!Julle is pragtig!