imdb
Het jy gehoor?

Só lyk Bennie Griesel in die Deon Meyer-fliektrilogie…

Die akteur Sean Bean gaan die rol van inspekteur Bennie Griesel in die Devil’s Peak-fliektrilogie speel. Die drie boeke wat verfilm word is Duiwelspiek, 13 Uur en 7 Dae

Die vervaardigers is Malcolm Kohll (Formula 51), Michael S Murphey (District 9) en Ofir Kedar (A Thousand Kisses Deep).

“Ek glo dat Deon Meyer vir die speur- en misdaadverhaal in Suid-Afrika gedoen het wat Stieg Larsson vir Skandinawië s’n gedoen het,” het Kohll gesê.

Die fliek word in Kaapstad verfilm en produksie begin in September.

  • Petro

    Ek kan nie wag nie!! Bennie Griesel het amper so in my gedagtes gelyk.

  • Anneke

    Yum! Sien baie uit!

  • Gerda Maritz

    Perfek!

  • Juliana Prinsloo

    Waarom nie ‘n Suid-Afrikaner nie???? Dit is immers ‘n Suid Afrikaanse pennevrug?

  • Madelyn Lomas

    Wag in SPANNING vir die een!!!

  • Lynette

    Oeeee uber uber sexy ….hallo Bennie …. ek wens ek kon een van die vroue karakters in die boek wees …. die een wat hom in 13uur help met sy laptop ….. hehehehehe

  • Rina van der Waal

    Kan ook nie wag nie. Ek het Bennie bietjie slordig onthou in die boek. Sy das moet effens los hang en sy hare deurmekaar. Ek is seker Sean gaan baie goed wees.

  • lollos

    HOT!!

  • Tina

    My gunsteling skrywer en ‘amper’ gunsteling akteur! Hulle kon nie ‘n beter keuse gemaak het nie. Kan nie wag om dit te sien nie!

  • Michelle

    Deon Meyer is my favourite local writer. He is so gifted and while Sean Bean is a good actor I fail to understand why they employ a British actor to play the part.

    No actor from overseas has a proper authentic S.A. accent – it actually makes me cringe and for that fact alone I dont know that I could watch it. Afrikaans is not just a language, it is a culture with a whole personality and vibe of its own. Thats the best way I can explain it.

    I do understand however that they want the book to be filmed so it can go worldwide but I question why SA actors arent suitable enough?

  • San-Daleen

    hahaha – ek wonder hoe gaan hy griesel sê!!! kan nie wag nie!

  • Elna Fourie

    Ag nee – waar is die manne van Suid-Afrika!!!!!

  • Maria

    Ag nee regtig, ‘n kakie pleks van ‘n Boer!

  • Iza

    Sjoe! Ongelooflik! Dis presies die ‘look" wat ek in my verbeelding gehad het toe ek die boek gelees het…..wow, dis eintlik baie scary!