Het jy gehoor?

Só lyk Karlien se verloofring

Karlien het pas dié foto op Facebook gelaai en gesê: “Soos belowe het… Hier is solank een foto van my ring. Sal later ‘n mooier nader een wys.”

Karlien se verloofring

Model Heidi Klum se ring het sangeres Karlien (foto bo) se hart verower, nes haar “Liefling”, rugbyspeler Derick Hougaard, aan wie sy onlangs verloof geraak het.

Die manjifieke Tiffany-diamant Die halssnoer wat Audrey Hepburn gedra het vir die reklamefoto's van Breakfast at Tiffany's Een van die wêreld se grootste geel diamante, die Tiffiany, was ‘n bilie van 287,42 karaat en is in 1877 in die Kimberley-myn ontdek. Audrey Hepburn het dit in 1961 in ‘n halssnoer gedra vir die reklamefoto’s van haar fliek Breakfast at Tiffany’s

Geel diamante blink ook aan die vingers van bekendes soos die tennisster Anna Kournikova, model Heidi Klum en die sangeres Carrie Underwood.

  • Bianca

    Very pretty!!!

  • Delien Bothma

    Pragtige, perfekte ring vir ‘n beeldskone vrou!

  • Senead

    A princess cut love it, its classical and beautiful.

  • Elmien Botha

    Dis verskriklik mooi! Ek het self so paar maande terug op ‘n geel diamant besluit, dis so iets anders en is nogsteeds mal daaroor!

  • Nanette

    Pragtig, vir ‘n baie mooi vrou ook. Mag jul Huwelik ook met diamante besaai wees.