FOTO: Instagram  rolenestrauss

FOTO: Instagram rolenestrauss

Het jy gehoor?

Só lyk Rolene se nuwe webtuiste

Rolene Strauss het omtrent ’n besige jaar! Sy is terug by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, sy is besig om haar troue te beplan en sy het vandag haar webtuiste bekend gestel. 

Ons is mal oor haar webtuiste, veral die skakel na haar troue! Ongelukkig is daar nog geen inhoud nie, want Rolene en haar verloofde, D’Niel Strauss, trou eers in Februarie op die pragtige Lourensford-plaas by Somerset-Wes.

Skermgreep: Rolene Strauss webtuiste

SKERMGREEP: Rolene Strauss webtuiste

Maar vir Rolene is dit nou ’n prioriteit om haar mediese studies te voltooi. “Ek wil nou weer na normaal terugkeer en graag my mediese studies (aan die Universiteit van die Vrystaat) voltooi,” het sy aan Netwerk24 gesê.

Sy het onlangs dié foto op sosiale media gedeel: 

Sy het einde verlede jaar bekend gemaak dat sy aan die spits gaan staan van ’n nuwe inisiatief (saam met toekomstige Mej. Wêreld-titelhouers) om geld in te samel sodat minder bevoorregte meisies van SA as medici opgelei kan word.

Sy word ondersteun deur die Mej. Wêreld-organisasie se program Skoonheid met ’n doel. Rolene werk in vennootskap met die Cell C Girl Child Bursary Fund en die Tomorrow Trust, ’n hulporganisasie sonder winsbejag. Sedert 2013 ondersteun dié twee organisasies 20 jong vroue uit voorheen benadeelde gemeenskappe om formele kwalifikasies te kry.

Sterkte met jou jaar, Rolene!

Lees ook