Het jy gehoor?

Só lyk Sandra Bullock se aanneembaba, Louis

Maar die grootste, gelukkigste geheim wat sy vanjaar gehou het, is die aanneming van die drie en ‘n half maande oue Louis uit New Orleans.

“Hy’s perfek, daar’s nie ander woorde om hom te beskryf nie,” sê Bullock in die nuutste uitgawe van People-tydskrif. Sy is nou die trotse ma van Louis Bardo Bullock. “Dis asof hy nog altyd deel van ons lewens was.”

Bullock en James het vier jaar gelede die aannemingsproses aan die gang gesit, maar besluit om dit geheim te hou tot ná die Oscars. En slegs 10 dae daarna het James se ontrouheid aan die lig gekom . . . Sandra finaliseer nou die aanneming as enkelouer.

Bron: www.people.com