Skryf nou in vir SARIE.com se Matriekafskeidrok van die Jaar 2013

Het jy gehoor?

Só skryf jy in vir SARIE se Matriekafskeidrok van die Jaar-wedstryd

SARIE.com bied jóú die kans om jou matriekafskeidrok met almal te deel!

Ons wil álles van jou en jou rok weet – van die ontwerper tot die materiaal en die inspirasie daaragter.

Hier is wat jy moet doen:

  1. Gaan na http://matriekafskeid.sarie.com/ en klik op SKRYF IN
  2. Vul die inskrywingsvorm in
  3. Laai drie foto’s op – dit moet kleiner as 4MB wees teen sowat 72 dpi
  4. Deel jou inskrywing met jou vriende en familie!

Die wen-rok gaan in die SARIE.com tydskrif verskyn!
Waarvoor wag jy? Skryf nou in!