Het jy gehoor?

Soek jy ’n koninklike neus?

Hoe lyk jou neus? Is dit mooi genoeg vir ’n koninklike familiefoto voor Buckingham-paleis? Talle vroue in hul 20’s en 30’s kies nou om hul neus meer na Kate s’n te laat lyk en plastiese chirurge in Brittanje en Amerika moet omtrent bontstaan vir dié nuwe gier!

’n Plastiese chirurg in Manhattan, dr. Thomas Romo, het aan New York Daily News gesê dat vroue, veral ouer as 28, ’n neus soek wat koninklik, deftig en sterk is. “Hulle soek beslis nie die neus van ’n jong popster nie …” Dr. Thomas sê Kate se neus is mooi en natuurlik en pas by baie gesigvorme.

Dr. Stephen Greenberg se praktyk in Amerika het reeds ’n Kate-lêer vol foto’s van neuse waaraan hulle gewerk het om vir hul voornemende pasiënte die eindresultaat te wys.

’n Jong meisie met wie dié koerant gepraat het, het gesê mense keer haar nie voor en sê sy het die hertogin se neus nie. “Die doel was dat my neus natuurlik lyk, so as mense dit nie oplet nie, is dit ’n goeie ding. Maar ek weet my neus lyk soos Kate Middleton s’n en dit is wat belangrik is.

Kate se neus

Wat dink jy? Sal jy aan jou neus laat verander? En sal jy jou neus soos Kate s’n laat lyk?