FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sofía Vergara deel haar skoonheidsgeheime

Die Modern Family-aktrise Sofía Vergara is een van die sexyste in Hollywood. En op 42 lyk sy baie goed, daarom luister ons as sy haar skoonheidsgeheime deel …

In ’n onderhoud met Redbook vertel Sofía dat sy elke dag grimering dra, en dat sy nooit dae kry wat sy nie glam wil voel nie. Maar dit neem haar ’n uur en 15 minute om klaar te maak. “Ek vat my tyd – ek hou daarvan om te stort, te skrop … Almal jaag my altyd aan! Hulle jok vir my oor hoe laat ’n geleentheid begin sodat ek betyds kan wees.”

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Sofía, wat ’n natuurlike blondine is, gebruik nie baie haarprodukte nie, en sweer by Head & Shoulders – sy is ook die gesig van dié handelsnaam.

En haar grimeer-truuks? Sy dra deesdae eerder bruin oogomlyner as swart sedert sy ouer is.

Die 45-jarige Jennifer Aniston het net verlede week gesê dat sy nie aan haar gesig sal laat werk nie. Sofía stem nie saam nie. Sy sê aan Redbook sy sal dalk die sakke onder haar oë in haar 50’s laat verwyder.

Die liefde blom!

Sofía en Joe Manganiello van True Blood-faam is deesdae ’n paartjie. Sy het aan People gesê dat sy nie gelukkiger kan wees nie.

Joe het ook haar Modern Family-sterre se guns gewen. Julie Bowen (Claire Dunphy) en Sarah Hyland (Haley Dunphy) het glo hul goedkeuring gegee en Sarah het bygevoeg dat hulle ’n witwarm paartjie is.

Joe Manganiello FOTO: Instagram  joemanganiello

Joe Manganiello
FOTO: Instagram joemanganiello

Bronne: Redbook en People