FOTO: 
joemanganiello

FOTO: joemanganiello

Het jy gehoor?

Sofía Vergara en Joe Manganiello se trou-naweek het begin!

Dit is reeds bekend dat die akteurspaar Sofía Vergara en haar verloofde, Joe Manganiello, hierdie naweek trou. Hulle beplan om die hele naweek saam met familie en vriende fees te vier, en die verrigtinge het reeds gisteraand afgeskop.

Volgens E! Online het Sofía en Joe reeds gistermiddag hul eerste gaste, waarvan die meeste familielede is, in Florida verwelkom. Die trounaweek is met skemerkelkies op ’n private strand begin. Hul celeb-vriende sal glo later die naweek by die trougeselskap aansluit.

Die glanspaar het meer as 100 hotelkamers bespreek en 50 private huise op Palm Beach vir die feesvieringe gehuur.

Ons kan nie wag vir ’n kykie na die troue nie, maar ons sal ongelukkig met wag, want gaste sal hul selfone by die deur moet los om te keer dat ongemagtigde foto’s in die media verskyn, berig Hollywood Life

Bronne: E! Online en Hollywood Life

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!