Reese Whitherspoon
Het jy gehoor?

Sofia Vergara geskok toe sy dít oor Reese Witherspoon uitvind

Sofia Vargara en Reese Witherspoon het boesemvriendinne geraak, terwyl hulle aan hul opkomedie Hot Pursuit gewerk het. Die beeldskone bruinkop het ook geleer dat haar petite medespeler baie kan eet, berig People

“Sy eet baie! Sy is baie delikaat en petite, maar sy eet baie,” het Sofia tydens ’n  gesamentlike onderhoud vertel.

“Dié een eet koek. Ek het nog nooit gesien iemand eet só baie koek eet nie,” het Reese terug gekap.

Lyk my wanneer Reese nie eet nie, geniet sy ’n koppie boeretroos: “Ek het nog nooit gesien iemand drink meer koffie as jy nie. Ek bedoel ek is die Colombiaanse een,” het Sofia geskerts.

Reese verduidelik dat koffie vir haar daardie nodige skop gee: “My man raak kwaad vir my. Hy sê ‘jy drink te veel koffie’. Ek probeer om twee koppies soggens te drink, maar by vier uur is ek moeg.”

Hot Pursuit is later dié maand in Suid Afrikaanse teaters te sien, hier is die lokprent:

Bron: People

Lees ook