FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Sofia Vergara sê byna nee vir Joe Manganiello

Ondanks Sofia Vergara se béste pogings om Joe Manganiello tydens hul eerste afspraak af te skrik, het hule verlede jaar ná ’n romanse van ses maande verloof geraak, berig Hello!.

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

Modern Family-ster Sofia (42) wóú enkellopend wees ná haar verlowing aan die besigheidsman Nick Loeb op die rotse beland het. In ’n onderhoud met Haute Living beskryf Joe hoe Sofia tydens hul eerste afspraak ál die redes hoekom hulle verhouding nié sal werk nie, opgenoem het .

“Sy het akteurs probeer vermy, en ek het so ver moontlik aktrises vermy,” sê Joe.

Maar die paartjie het besef dat hulle mekaar só goed verstaan dat Joe binne ’n paar maande ’n ring aangeskaf het. Hy het op Oukersaand in Hawaii die groot vraag gevra en Sofia het “ja” gesê – sonder enige besware.

Bron: Hello!

Lees ook