Sofia Cover
Het jy gehoor?

Sophia Loren is 82

’n Hollywood-ikoon is vandag 82 – Sofia Villani Scicolone oftewel Sophia Loren. Op 82 is dié Italiaanse aktrise steeds ’n reuse-inspirasie vir die mode- en skoonheidshuis Dolce & Gabbana. Hulle het spesiaal haar eie lipstiffie-skakering vir haar ontwikkel – Sophia Loren No 1. 

En op die eerste SARIE (sonder Marais as deel van die tydkskrif se gewelnaam), dié van 11 Februarie 1976, was niemand anders nie as die grande dame van die silwerdoek, die einste Sophia!

sr0907weet12-570x749

Op die ouderdom van 15 het Sophia haar loopbaan as aktrise begin. In 1961 het sy haar eerste en enigste Oscar vir beste aktrise gekry vir die Italiaanse rolprent Two Women. Sy was die eerste aktrise wat ’n Oscar gewen het in ’n nie-Engelse rolprent. In haar loopbaan het sy ’n Grammy, vyf spesiale Golden Globes, ’n Bafta en ’n Laurel gewen.

Die Franse aktrise Marion Cotillard het in 2007 die eerste en enigste Franse aktrise geword wat ’n Oscar vir beste aktrise in ’n Franse rolprent gewen het.

Sophia en die Suid-Afrikaanse kunstenaar Pieter-Dirk Uys is hartsvriende. Sy het selfs onlangs in die dokumentêr oor Pieter-Dirk se lewe, Nobody’s Died Laughing, verskyn. In 2011 het hy met SARIE gesels oor onder meer sy vriendskap met Sophia.

FOTO Facebook

FOTO Facebook

 

Hier volg ’n uittreksel:

Jou vriendskap met Sophia Loren is merkwaardig. Sy het ook die voorwoord vir Evita se kookboek, Evita se Kossie Sikelela (Umuzi), geskryf. Sy het jou bygestaan tydens jou ma se dood, as ek dit nie mis het nie?

Dit was in 1969. Ons was van Londen af op pad, onder die indruk dat my ma in ’n ongeluk was en dat sy in die hospitaal aansterk. Op Kaapstad se lughawe wag tant Anna ons in, en toe weet ons: o, Krismis. Ek onthou sy het gesê my ma is dood, en ek het na ’n boekwinkel op die lughawe gevlug.

Daar, in die koerant, het ek gelees dat die jong man wat haar liggaam van Tafelberg wou herwin ná haar selfdood, ook na sy dood geval het. Die eerste ding wat ek op die lughawe gedoen het, was om vir Sophia ’n brief te skryf en te pos. Binne drie dae het ek ’n antwoord van haar ontvang. Sy het gesê: You haven’t got time to cry. Onthou die mooi dinge, maar jy moet daar wees vir almal en die stukke optel.

Hoeveel van Evita steel jy by Sophia?

Ek steel van haar grimering! Sy het altyd gesê jy moet jou gesig kén. Elke gesigsuitdrukking, elke spierbeweging moet jy sonder ’n spieël kén. Dit is ons probleem: Ek sê altyd my gesigprentjie en my breinprentjie is nie dieselfde nie. Ek het as kind na ’n Doris Day-fliek gaan kyk. Toe ek uitloop, het ek gedink ek lyk net soos Doris Day. En eintlik lyk ek soos hoenderpastei!

Kyk die lokprent van Nobody’s Died Laughing hier:

 

Sophia oor die jare

Lees nou

Dié twee hoogsbetaalde aktrises se inkomste verskil slegs met $3 miljoen!

7de Laan se Zac wil reis, weer toneelspeel

Trouwenke: Kies ’n geur vir jou groot dag