FOTO Hoofletters

FOTO Hoofletters

Het jy gehoor?

Sorina se goeie nuus!

Dis ’n goeie jaar vir die Afrikaanse sanger Sorina Flooze Erasmus. Eers het sy vir ’n tweede keer ma geword, die titellied van haar album Hoofletters is een van 2016 se gewildste liedjies, en nou gaan sy aanbieder-aanbieder speel!

Sorina gaan kykNET se splinternuwe werklikheidsprogram Ons sprokiesbruilof aanbied. Luidens ’n persverklaring van kykNET sal ’n rits gelukkige paartjies gevolg word van die voorbereidings tot die altaar en eindelik tot by die onthaalmakietie.

Jy en jou verloofde kan inskryf. Besoek kykNET se webwerf vir meer inligting.

Ons Sprokiesbruilof logo

Baie geluk, Sorina!

Lees nou

Vanilla Ice skei ná 20 jaar

Minki se look vir ‘Boer soek ’n vrou’

Audrey Hepburn se perske-bellini