FOTO: Willem Botha
STILERING: Fanie Cronjé

FOTO: Willem Botha STILERING: Fanie Cronjé

Het jy gehoor?

Sorina se Miana is hier!

Eers was daar Braambossie . . . en nou is daar twee. Die Afrikaanse sangeres Sorina ‘Flooze’ Erasmus en haar man, Braam Riekert, het vandag hul dogtertjie, Miana, verwelkom. Sorina het die goeie nuus op sosiale media gedeel.

Sorina het besluit om haar ma se name, Mariana Elizabeth, vir haar pienkvoet te gee.

FOTO: Denielle

FOTO: Denielle

Baie geluk, Sorina en Braam!

Maar Sorina het nóg opwindende nuus gedeel. Braam, wat met boerboele teel, se boerboel, Braambos Rommel, gaan in ’n Hollywood-fliek verskyn, en dit nogal teenoor die Oscar-wenner Sigourney Weaver. Neill Blomkamp is die regisseur van die rolprent. Al het Braambos Rommel nie ’n groot rol gehad nie, lyk dit of Sigourney hom geniet het.

Lees nou