FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Sorina se noue ontkoming – dís wat haar van ’n vlammedood gered het

Die swanger sangeres, Sorina – of beter bekend as die Flooze – het gister ’n traumatiese ervaring gehad toe ’n gasbottel aan die brand geslaan het. Sy deel op haar Facebook-blad hoe sy en haar ongebore baba ontsnap en ongedeerd daarvan afgekom het.

“MY GETUIENIS: Lees ASB as jy wil ervaar hoe groot God se genade was in n fratsongeluk wat baie traumaties kon geeindig het as God nié Sy hand van beskerming oor my/ons gehou het nie. Ek getuig prontuit hieroor omdat Hy die eer en glorie verdien. Dis n lang getuienis, maar lees ASB sodat jy saam met my in dankbaarheid teenoor Hom kan staan. Dieselfde goed gebeur met soveel baie mense & die gevolge is soveel erger. Daarom glo ek God was my/ons gister genadig sodat ek hierdie vandag met jou kan en móét deel, sodat Sy Naam daardeur verheerlik kan word en ons saam die liedjie kan sing “GENADE ONBESKRYFLIK GROOT!!!!” SHARE asb op jou page. Ek kan nie anders as om hierdie met die wereld te deel nie:

Ons het gister by hartsvriende gaan kuier wat by Loskop dam vakansie hou. Dit was n volmaakte Sondag, die weer was fantasties en ons het langs die dam gesit en net gechill, gekuier, gelag & geeet. Toe dit tyd word om n vleisie te braai, het almal ingespring en gehelp met die feesmaal van mieliepap, aartappels in foelie & mieliebrood, alles wat ons laggend en lekker besig was om voor te berei in ons vriende se twee-by-twee meter tent-kombuisie wat direk agter die klomp slaap tente en kuier tent opgeslaan was. Direk langs die tent-kombuis het die nuwe gas braaier gestaan waarop die pot pap rustig besig was om te prut en direk langs die gassillinder was die sout en peper rakkie met al die speserye. Tannie Alfina was besig om die pap n roer en proe te gee, ek het die sout en peper direk langsaan uitgehaal en dit was op daardie presiese oomblik toe net ons twee in die piepklein tent-kombuisie staan dat die onmoontlike skielik gebeur… ons vermoed die gas sillinder se pyp het skielik uitgetrek. Gas spuit die wereld vol en die vlamme verswelg die gas in n vlamme hel wat aan die hemel begin lek. Die pyp raak oombliklik aan die brand en die vlamme hardloop af na die gas sillinder wat in vuur gedompel word, vlamme van bo tot onder waar jy kyk. Ek sien die vuurbolle & hardloop weg van die vlamme maar in die kombuisie in waar die yskaste staan en daar is ek vasgekeer tussen die elektriese yskas en die vlamme. Dis toe dat Ivy Kruger begin skree “hardloop hardloop, die gasbottel gaan ontplof”. Instinktiewelik het ek geweet ek moet uit die hoekie kom want die sillinder was letterlik 2 meter van my af. Ek weet nie hoe ek daar uitgekom het nie, ek is oortuig daarvan die Engele het my gedra. Maar die einde was nog nie in sig nie. Net toe ek uit die kombuis hardloop verby die vlamme, val ek en land teen een van die slaap tente wat direk langsaan was. Alles het so vinnig gebeur. Volgende oomblik is tannie Alfina by my om my te help opstaan vanaf die tent waar ek half disnis geval het. Ons hardloop weg van die gevaar. Intussen bou die gas bottel drukking op en die sekondes voel soos ure, ek ruik hare wat gebrand het & ons sien n bloedrooi bloedmerk oor my sleutelbeen.”

Lees die res van haar getuienis HIER.