FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Soveel geld gaan die koninklike baba glo vir die VK bring

Kenners voorspel dat die nuwe koninklike baba die Verenigde Koninkryk se ekonomie ’n inspuiting van £70 miljoen (R12,5 miljard) sal gee, berig Hello!

Dis ’n fraksie van die £247 miljoen (R44,2 miljard) wat die geboorte van die hertog en hertogin van Cambridge se klein George in Julie 2013 ingebring het. Tog word daar verwag dat die paartjie se tweede kind meer van ’n impak oor die lang termyn sal hê, veral as dit ’n dogtertjie is.

Professor Joshua Bamfield, hoof van die Centre for Retail Research, verduidelik: “Dit is nie so ’n groot geleentheid wanneer jy ’n tweede baba kry nie.”

Hy het tog bygevoeg dat uitrustings wat die jongeling sal dra soos soetkoek sal verkoop: “Wanneer die baba ’n sekere trui dra, sal almal dit wil koop … veral as dit ’n meisie is – haar klere én haar speelgoed.”

Voorbereidings is reeds getref by die eksklusiewe Lindo-vlerk van die St. Mary’s Hospitaal in Paddington, waar Kate (33) haar tweede kind sal verwelkom.

Sy het voorheen bekend gemaak dat sy in middel of laat April sal kraam. Heelwat wedders glo dit sal die naweek van die 25ste en 26ste April gebeur.

Bron: Hello!

Lees ook: