Het jy gehoor?

Soweto Gospel Choir weer vir ‘n Grammy benoem

Hul vyfde album, Grace, is dié keer in die Kategorie vir Beste Tradisionele Wêreld Musiek-album benoem. Hulle het reeds twee Grammys op hul kerfstok.

Die koor tree gereeld voor internasionale gehore op en het selfs saam met die Ierse supergroep, U2, en die sportkanaal, ESPN, gewerk aan ‘n ‘Get On Your Boots’-veldtog vir die 2010 Wêreldbeker (sien die video hieronder)

Jy kan die koor vanaf 4 tot 12 Maart in Stellenbosch tydens die Woordfees & Spier Konsertreeks in samewerking met SARIE te siene kry. Die konsertreeks sluit ‘n vertoning van Nianell & Soweto Gospel Choir asook konserte van Bobby & Robbie, Amanda Strydom, Coenie de Villiers in.

Onthou om te kyk! Die Grammys vind Sondag 11 Februarie in die Staples-sentrum, Los Angeles, plaas.

Lees meer oor die koor by sowetogospelchoir.com