sr1308_koshoof_6_
Het jy gehoor?

Spek-en-eier-aspersiebondels

genoeg vir 6

  • 36 (300 g) aspersies
  • 1 x 250 g-pakkie strepiespek
  • olie vir oorsprinkel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers
  • 60 ml asyn

Verhit oond tot 220 °C. Verdeel aspersies in 6 bondels van 6 en draai 2 repies spek om elkeen. Pak op bakplaat en sprinkel olie oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot spek bros en gaar is. Verhit water in ’n pot tot dit stadig prut en gooi asyn by. Breek eiers in water en posjeer vir 5 – 6 minute vir sag – of langer, as jy dit harder verkies. Dreineer en sit voor met warm aspersies.