FOTO: Instagram / @melb

FOTO: Instagram / @melb

Het jy gehoor?

Spice Girls is terug!

Twee Spice Girls-skokke in een week. Eers bieg Posh Spice (Victoria Beckham) dat sy nooit gesing het nie. En nóú het die ander meisies aangekondig die Spice Girls is terug om ons lewens op te spice. Sonder Victoria, natuurlik.

Ginger Spice (Geri Halliwell), Scary Spice (Melanie Brown) en Baby Spice (Emma Bunton) werk aan materiaal vir hul nuwe album, berig The Mirror.

Melanie het ’n foto saam met Geri en Emma op sosiale media gedeel. Sy het glo aan The Mirror vertel dat dié drie besig is met ’n nuwe Spice Girls-album.

And I say oohhhh LALA

A photo posted by Mel B (@officialmelb) on

Ahhhhh had a lovley morning with you baby A photo posted by Mel B (@officialmelb) on

Met 80 miljoen albumverkope wêreldwyd het die Britse popgroep Spice Girls hul merk in die geskiedenis gemaak. En vanjaar is dit die 20ste herdenking van hul eerste treffer-liedjie, “Wannabe”.

Victoria is nie al lid wat besluit het om die nuwe album te ignoreer nie. Sporty Spice (Melanie Chisholm) is glo ook nie lus om deel te wees van hierdie hoofstuk nie.

Melanie het besluit om eerder op haar eie loopbaan te fokus, berig Daily Mail.

En Victoria se passie vir mode het haar as ʼn styl-ikoon gevestig. Die Victoria Beckham-handelsmerk is vandag £30 miljoen (sowat R655 miljoen) werd. Die afgelope week het sy koppe laat draai op die Cannes-rolprentfees se rooi tapyt. Sy werk ook saam met Estée Lauder aan ʼn nuwe grimeerreeks.

So excited to debut my new #VBxEsteeLauder collection on the #Cannes2016 red carpet! x vb #redcarpet #smokyeye

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Maar dis nie al 90’s-popgroep wat ’n reünie hou nie.  

Dis ook vanjaar die 20ste herdenking van die Backstreet Boys. Verlede jaar het een van die lede, Nick Carter, vir Scary Spice op sosiale media gevra of hulle nie saam kan toer nie.  

As die nuus vir jou te groot is, moet jy dalk soos Victoria maak.

Cannes 2016 beauty must! @esteelauder PowerFoil mask! Au Revoir X Thank u @kenpaves @wendyrowe Love u!! XVB

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Lees nou

Almal praat oor Amal Clooney se rok

Bisarre Bieber: Wat’s fout met Justin?

  • christal van rensburg

    Melanie Chisholm is Sporty Spice, nie Scary Spice nie.

    • Lucelle

      Hi Christal, jy’s 100% reg – ons stel dit gou reg! Ons blameer maar Vrydag die 13de :)