FOTO: Instagram/ @leomessi

FOTO: Instagram/ @leomessi

Het jy gehoor?

Sportster Lionel Messi se goue hart

Die 5-jarige Murtaza Ahmadi van die arm Jaghori-distrik in Afganistan het nog altyd gehoop om eendag sy sokkerheld, Lionel Messi, te ontmoet. En nou gaan jong Murtaza se droom waar word. 

’n Video van Murtaza wat in die stofferige strate sokker speel, het blitsvinnig in die kuberruim versprei. Sy pa, Arif, kon nie ’n replika van Lionel se sokkertrui bekostig nie. En Murtaza moes tevrede wees met ’n eenvoudige plastieksak.

“Ek wil eendag net soos hy wees. Ek is lief vir Messi en vir sokker,” het Murtaza aan Al Jazeera gesê.

Die Argentynse sokkerster het gou van Murtaza se droom gehoor en toe besluit om hom te ontmoet. Die Afgaanse sokkerfederasie het bevestig dat daar ’n ontmoeting tussen Lionel en Murtaza gaan plaasvind.

“Ons is besig om die tyd en datum te finaliseer. Maar daar is ’n kans dat Murtaza na Spanje sal vlieg,” het Syed Kazemi van die sokkerfederasie aan Al Jazeera gesê.

Lionel is een van die groot sterre van die Spaanse klub Barcelona.

Kyk net hoe speel klein Murtaza sokker

Bron: Al Jazeera

Lees nou