Pierre Spies en sy eersteling
FOTO: Phyllis Green

Pierre Spies en sy eersteling FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Springbok Pierre Spies wys sy seuns

Rugbyspeler Pierre Spies is die trotse pa van sy eersteling en naamgenoot, Pierre, en Judah wat vroeër vanjaar gebore is.

Dié sterk man deel graag foto’s van sy twee bulletjies op sy Instagram-profiel.

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

FOTO: Instagram @pierrespies1

SARIE het verlede jaar met Pierre gepraat, oor klein Judah se geboorte. Dít het hy gesê oor vaderskap.

Het pa-wees jou lewe verander?
Verskriklik baie. Jy kan nie meer net doen wat jy wil nie, jy moet na jou vrou en kind omsien. Dis ’n aanpassing, soos die min slaap. Klein Pierre is baie, baie besig. Dis ongelooflik om ’n kind te kan liefhê. Ek en Juanné sê ons kan nie glo ons is ouers nie.

Soos wie lyk klein Pierre?
Hy lyk soos ek, maar het Juanné se blonde hare en blou oë. Hy het ná sy geboorte goed gegroei en is nogal fris. Hy is vriendelik, maar het ’n baie spesiale kyk wat hy by my gekry het. As hy nie wil glimlag nie, sal jy hom nie sover kry nie.

Toe jy klein was, het jou pa in ’n rympie geterg jy is nors. Ís jy?
Ek was baie ernstig toe ek klein was. Ek is ’n bietjie van ’n denker en ek het nie baie gelag nie. Hoewel ek vandag ’n bietjie gemakliker is, moet iets baie snaaks wees voordat ek lekker lag. Ek lag meestal vir die snaakse goed wat ons doen en sê en lag ook dikwels vir myself. Juanné lag makliker as ek. Gelukkig verstaan sy my en weet ek is nie so ernstig soos almal dink nie.

Sal jy Pierre aanmoedig om eendag beroepsrugby te speel?
Hy kan beslis speel as hy wil. Rugby of gholf sodat hy vir sy pa kan sorg. Ek dink nie rugby is gevaarlik vir kinders nie, hulle is te klein om mekaar seer te maak.