Bryan en Janine Habana in Frankryk
FOTO: Instagram (@bryanhabana)

Bryan en Janine Habana in Frankryk FOTO: Instagram (@bryanhabana)

Het jy gehoor?

Springbok word pa op Vadersdag

Bryan Habana en sy vrou, Janine, se eersteling is Sondag, op Vadersdag, gebore, skryf Die Burger. Lees die volle artikel hier.

Die Springbok-vleuel het vroeër vandag op Twitter aangekondig dat die paartjie, wat deesdae in Frankryk woon, se klein Timothy Jacob Habana gebore is. Saam met dié twiet, waarin hy klein Timothy verwelkom het, het Bryan ook dié foto van hom, sy vrou en hul seun gedeel.

Bryan, Janine en klein Timothy Jacob Habana FOTO: Twitter (@BryanHabana)

Bryan, Janine en klein Timothy Jacob Habana
FOTO: Twitter (@BryanHabana)

Bryan het die naweek nog vir die Springbokke uitgedraf in Saterdag se wedstryd teen Wallis in Durban én twee drieë gedruk.

Hoewel die paartjie in Frankryk woon, waar Bryan vir Toulon rugby speel, het Janine meer as ’n maand gelede weer in Suid-Afrika kom kuier. Sy en haar vriendinne het verlede maand haar swangerskap gevier met ’n ooievaarstee in Kaapstad.

Geluk met jul eerste kleintjie, Janine en Bryan!

Nóg Springbok-pa’s op SARIE.com